01 – Wie is Maljan?

Maljan is die eerste bynaam wat ek gekry het toe ek in graad 1 was. Dit was ook die naam van ‘n effens eksentrieke, erg menssku, en uitgerafelde oom in een van my gunsteling oorgeklankte tv stories uit my jeug. Tesame met sy getroue vriend, ‘n donkie genaamd nommer sewe, swerf Maljan die wildernis vol op soek na…wat? In retrospek was Maljan seker die bynaam wat my persoonlikheid nog die heel beste saamgevat het.

Daardie alwetende groep genaamd “hulle” sê dat eerste indrukke belangrik is. Indien dit die geval is, dan sal die uwe enige ontmoeting met nuwe mense met ‘n agterstand begin. Eerstens is ek baie moeilik om mis te kyk, waar ander mense ‘n ID nommer het, het ek ‘n area kode. Definitief nie gebou vir spoed nie! Ek sal gewoonlik geklee wees in ‘n kortbroek, erg verslete plakkies, en ‘n T- hemp wat iewers ‘n gat, olie- of vetkol op sal hê. Ek dress g’n om iemand te impress nie! Nou dat jy naby genoeg gekom het om die gate en/of kolle op my hemp te sien, sal jy ook opmerk dat Maljan nou nie juis ‘n oil painting is nie. My lieftallige moeder moes kleintyd ‘n skaaptjop om my nek vasbind sodat die boerboel darem met my sal speel. Wanneer ek naweke Dee aai why in die agterplaas pleeg vlieg die voëls onderstebo daar verby. My eie persoonlike worshond blaf vir my as hy my in die gang sien afstap.

Met die groetslag gaan ek jou aangluur met die allerverskriklikste frons, wat wel effens sal ontspan indien jy my groet soos ‘n mens en nie so paphandjie uithang nie. Dit geld vir mans en vrouens. Ek sal ook iets mompel wat jy nie kan hoor nie, want ek is mos menssku jy weet.

Indien jy wel verby die verslonsde voorkoms, die dikgeit, die stuurs aanblik en die lelikgeit vorder, sal jy darem agterkom dat soos meeste ander lede van homo sapiens, het die uwe darem ‘n paar lae. Die buitenste klompie lae is bruin en verweer, en ek is nie noodwendig trots daarop nie. Tussen my eie perssoonlike kopdokter – actively working for a better me since 2017, en handevol chemiese hulpmiddels werk ons daaraan. Ek is ‘n hopelose introvert, depressielyer en ek dra my angstigheid soos ‘n mantel. Dit veroorsaak meestal dat ek nie baie te sê het nie, en meestal stug voorkom. Ek het ook ‘n hoogs plofbare humeur gekoppel aan ‘n baie kort lont, en ek hou ‘n wrok baie lank. Vergewe en vergeet bestaan nie. Ek is dikwels onredelik a.g.v genoemde humeur, en ek vind dit bitter moeilik om verkoning te vra.

Indien jy steeds in die omtrek is nadat jy die bruin blare afgeskil het van die ui wat my menswees is, is jy wel oppad om moontlik vrinne te raak met my. Nou nog net ‘n paar lemmetjiesdraad heinings, ‘n mynveld, die leeus en tiers, en een massiewe klipmuur en jy is in my binnekring. Hier sal jy agterkom dat ek die lojaalste mens is wat daar is, en dat ek nie glo aand die storie van “maar jy moes gesê het nie..” As jou vriend probeer ek jou behoeftes antisipeer en verskyn gewapen met wat ook al nodig is op die toneel. Hierdie lojaliteit kom wel teen ‘n prys. Ek verwag presies dieselfde van jou, anders is jy so gou soos staatkaping oor die muur en terug in die mynveld waar die leeus en tiers wag vir die landmyne om jou te tenderise vir middagete.

Jy sal ook uitvind my woord is my eer, en dat ek actually heelwat te sê het as jy beried is om te luister, maar as jy my doodpraat slaan ek toe soos ‘n mossel. Ek is nie bereid om te kompteteer om ‘n spreekbeurt te kry nie. Ek is baie lief vir diere en word ontstel deur enige tipe onregverdigheid

Maljan, ‘n lelike stekelrige buitekant met ‘n soft gooey centre. Maar as jy vir iemand vertel sal ons van jou moet onstlae raak.

Hier is die Inlinkz-skakel vir die uitdaging wat vandag om 12:00 pm open: https://fresh.inlinkz.com/p/6061e1ded6fa403bb328f7fe5decfe6d

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

 

Advertisements

21 thoughts on “01 – Wie is Maljan?

    • Komende van jou, ‘n groot kompliment dankie. Ek sou skik vir amateur met potensiaal.
      Swak punt. Ek het ‘n ander siening daaromtrent, maar ek neem jou punt.

  1. Dis voorwaar ‘n baie interessante bekendstelling van ‘n multifaset-persoonlikheid 🙂 Ek moet sê, ek vind darem heelwat karaktereienskappe hier wat baie algemeen in die blogwêreld voorkom – kort humeur, introvert, lojaliteit, afkeer van slegte maniere en liefde vir diere. Daarby skyn jy baie gemaklik te wees met jou eie emosies. Baie welkom hier by ons bloguitdaging. Jy skryf werklik goed en ek het hierdie skryfsel geniet.

  2. Welkom hier, liewe Maljan. Jy is op die regte plek tussen mense met veral liefde vir diere. Verskeie van ons het kort humeure, ly aan depressie en is ongeduldig, maar oor die algemeen is ons ‘n verdraagsame klompie, wat nuwelinge ooparm verwelkom. Terloops, jy skryf baie goed!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s