Met die hoed in die hand.

Weet julle wat die heel beste ding van die human mind is? Die feit dat jy van mening kan verander, en ek het inderdaad. Maar meer later.

Kom ons kry eers die kennismaking agter die rug. Ek “ken” meeste van julle, en sommige “ken” my ook. Ons pleeg immers al die blog besigheid saam sedert 2007 toe ek begin het. Op die WordPress platform was ek al Wosonki, Plaasjuppie, Man met die Hoed, Korrelkop Kahuna, Storieklong en natuurlik Maljan. Op Litnet was daar ook ‘n Storieklong en Maljan, asook Kees Boggom, Koos Kalahari en Vaaltyn.

So, indien jy ‘n regular is. Blye weersiens! Indien jy die eerste keer hierheen verdwaal het, bly te kenne!

Met dit agter die rug. Met erkenning aan ‘n mede blogger vir die idee vir hierdie inskrywing. Man met die hoed – Met die hoed in die hand. Get-it? Baie dankie!

Nou ‘n vinnige sob storie. Al die name hierbo verteenwoordig tydperke op my lewenspad sedert ek begin blog het. Elkeen van hulle het ek uitgewis. Vir die wat dit nie weet nie, op Afrikaanse WordPress het ons ‘n soort van ‘n big brother. ‘n Hoogs inteligente mens wat bitter min sê, maar wanneer hy gesels kan jy maar luister. Hierdie mens het onlangs vir my gesê een van my swak punte is dat ek aanhoudend my griffels uitveë. Ek het toe nog steeds nie met hom saamgestem nie, maar iets wat ekself onlangs kwytgeraak het, het my van mening laat verander. ‘n Mens vee nie geskiedenis dood bloot omdat jy skaam daarvoor is, of jou dit nie pas nie.

Nou vir die rede vir die hoed in die hand, groottoon in die sand. Ek het vir ‘n redelike deel van my blogtyd stories geskryf. Dit is slegs ‘n fraksie van my totale volume bloginskrywings (ongeveer 500 bladsye enkelspasie Ms Word formaat), maar dit was ‘n medium waarin ek myself kon uitdruksonder om te blootgestel te voel. Ek wil dit graag deel, en wel op een van twee maniere.

  1. Publiseer alles op een slag voetstoots, en laat dit daar
  2. Herpubliseer met verdrag elke storietjie met ‘n paar notas oor die agtergrond van die storie.

Sê my wat dink julle toe?

Advertisements

5 thoughts on “Met die hoed in die hand.

  1. Blye blye weersiens! Hierdie maak my hart sommer bly so op hierdie bliksem van ‘n Maandag (kyk net, bliksem sonder ‘n @!)

    Ek gee nie om hoe jy dit doen nie, solank jy dit net doen.

    En aanhou doen asseblief 🙂

  2. Die saak staan so – jy voel dalk skaam oor dit of dat, maar ons, jou lesers voel nie dat jy iets het om oor skaam te voel nie.
    Want ons het ook dinge wat krap. So wanneer jy skryf, en jy skryf op ‘n manier wat die leser meevoer, dink ek elkeen voel ons op ‘n manier dat hy nie alleen staan nie.

    Publiseer eerder jou stories een vir een, dan leef hulle weer.

  3. Ek volg ook al jare jou stories onder al die name, net nie altyd besef dis dieselfde persoon nie. Sal heerlik wees as ons weer baie van jou te lese kan kry!Ek dink nommer twee is die manier wat jy moet volg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s