Threesomes en Fourways

Ja my vrou. Hindsight is 20/20 vision. Of so sê hulle. As ek net toe geweet het wat ek nou weet, sou ek dit nooit toegelaat het nie. Die 4 van ons in die bed begin my nou irriteer. Ek het nooit gedink ek sal dit sê nie, maar ek mis die dae toe dit ek en jy die die beneukte enetjie was.

Vandat ons daai honeyblond biets met die skeermeslem stemmetjie in ons bed toegelaat het was dinge nog net nooit weer dieselfde nie. Ja sure sy is sag op die oog met ‘n borskas waaroor gedigte geskryf word en bene gebou om te hou, maar mens kry nie meer ‘n behoorlike nag se slaap in nie. Sy het net nie einde nie, dan is sy die kant van die bed en dan anderkant. Dan is sy af kombuis toe en dan sit sy op die bank.

Ek dink dit is ook deels as gevolg van blondie se baldadigheid wat die beneukte enetjie deesdae aandring om tussen ons te slaap. Ons het van die begin af geweet beneuk moet op een of ander manier aan my raak om te kan slaap, maar regtig. Om jouself te vererg omdat ek nou en dan ‘n slag by my eie vrou in my eie bed wil lê, wie is die besoeker hier in elk geval?

Ek dink regtig nie die honde moet meer by ons in die bed slaap nie. Maar hoe oortuig ons hulle?

 

Agterstorie

Hierdie is nie ‘n storie nie, meer van ‘n vloermoer. Die titel en algemene luim daarvan is met opset bedoel om te mislei en die aandag af te trek van die werklike rede vir die griffel.

In my se moeder se huis was dit ‘n spesiale vergunning as die hond snags langs jou bed kon slaap. In die woning wat ek met die van Helsdingen poppie deel slaap die honde bo-op die bed. Alles het relatief goed verloop tot ten tyde van hierdie skrywe. Hoeveel plek kan een miniatuur worshond nou in elk geval opneem? Toe kry ons ‘n Engelse Bulhond met rooimiere, en die res is geskiedenis.

P.S. Beide honde waarna ek in hierdie skrywe verwys is nou alreeds mtrent 4 jaar oor die reënboogbrug, binne maande van mekaar. Tans slaap daar een, en soms twee, worshonde op die bed waarna ons spottend verwys as Durex en Trojan omdat hulle meestal tussen ons wil lê.

Advertisements

4 thoughts on “Threesomes en Fourways

  1. Hoe lekker lag ek nou. Kostelik verwoord. Na slegte aande en knorrige mense werk die kompromie so: Bedags is ons bed die brakbende se rusplek. Saans, trek hulle mooitjies kombuis toe in hulle eie bedjies, dan vyfuur as die wekker lui en koffie en beskuit word geniet, is dit ons en hulle! Ek sterwe as die honde my slaap spasie beset.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s