07 – Gravytorre, stofsuiers en die WWW

Twee dekades se somers het uitgeloop sedert Storieklong een more op ‘n konstruksieterrein met teebreek deur die koerant staan en blaai het en sy oog ‘n klein advertensie gevang het. ‘n Firma naby die huis was op soek na manne met sementspatels op hulle stewels om die eyetee laaities te kom help databasisse bou. Storieklong het nie regtig geweet wat presies eyetee of databasisse is nie, maar die gedagte aan ‘n lugverkoelde kantoor op daardie snikhete Desember more was genoeg om hom te laat aansoek doen en hy het jou wragtagwaar die werk gekry!

Die hoof eyetee laaitie was so ‘n rou Ingilsmannetjie vars van die moddereiland af, en hy was vir dié klong maar redelik onverstaanbaar. Eerstens omdat hy in ‘n dialek gepraat het wat ek tot op daardie stadium nog net in selfverdediging gebruik het, en tweedens omdat hy die vreemdste, wonderlikste goed gesê het. Hy het vertel van ‘n plek met die naam van die world-wide-wait, en van gravytors (of dit is hoe dit met die aksent vir my geklink het – later moes ek uitvind dit is gravatars) en van Wap-enabled selfone. En ek het getrou al hierdie wonderlike stories vir die Liefie saans by die huis gaan vertel, oftewel probeer vertel so goed as hy kon onthou. So het hy byvoorbeeld vir die Liefie vertel van die gravytorre van ‘n plek genaamd world-wide-wait wat ‘n selfoon gebou het met ‘n wap stofsuier in. Op haar stille manier het sy dan vir my beduie dat ‘n gravytor eintlik ‘n gravatar is, en dit is jou “prentjie” op die internet wat ook die world-wide-wait genoem was in die ou dae as ‘n grap, en dat wap-selfone nie regtig ‘n stofsuier in het nie. En Storieklong het geleer. En Storieklong het slimmer en slimmer geword. En dit was goed, en dit was lekker.

My se Pagoed was ‘n witman onder die vorige regering, en dit was genoeg om hom byna te verseker van ‘n werk. En met die geld wat hy verdien het kon die uwe kon skool toe gaan. En toe Pagoed weg is kon hy vir my een goeie bakkie en ‘n flenter bakkie en ‘n meer flenter mouterkar en ‘n paar stukkies gereedskap agterlaat waarmee ek nog geldtjies kon verdien en ek kon met daardie geldjies gaan leer sodat ek uiteindelik met daai geleerdheid die wonders van die world-wide-wait kon ontdek. Dit het alles begin omdat ek geleenthede gehad het.

Nou Sanna in die Kombuis en Sameul in die tuin het nie sulke geleenthede gehad nie, omdat hulle Pa en Ma swart was, en onder die vorige regering nie veel geleenthede gekry het nie. Hulle het nie eers soveel as ‘n paar flenter voertuie en gereedskap gekry om mee te begin nie. In baie gevalle was hulle nie eens langer as std 6 skool toe nie. Hulle het nodig om ‘n paar geleenthede gegee te word sodat hulle kinders ook eendag die wonders van gravytorre en stofsuier-selfone en die world-wide-wait kan ervaar. Dit moet seker wees wat bedoel word met white privilage?

Die agterstorie

Hierdie storie lyk omtrent soos een van die uwe se standaard joutjoep soektogte. Dit begin by die deugde van die internet en eindig by politiek, so vermoedelik was hierdie een van daardie random 2uur in die more griffels waar ek slegs geskryf het om die geraas in my kop stil te kry.

Advertisements

6 thoughts on “07 – Gravytorre, stofsuiers en die WWW

  1. Dit is die reine waarheid… of ons dit nou wil weet of nie.Maar na 25 jaar moes die gaping al vernou het, maar politici het dit goed gedink om alles wat gewerk het te verander en te plunder.So white privilege is nie meer ‘n verskoning nie.

  2. Ek gaan seker met klippe gegooi word, maar ek het so twee weke gelede iemand ontmoet wat my inspireer om my sê te sê. So…..

    Dis seker waar, maar dit geld beide kante toe. Ek is so oor die white privilege stront ek kan iets oorkom. Ek het ook nie die geleenthede gehad om te gaan verder leer nie, ek moes maar op eie stoom kom waar ek is. My kinders kan ook nie verniet gaan swot nie, hulle moet hulle piepies skeef werk deur internships en dan nog probeer swot ook. Dis ook glad nie juis maklik om werk te kry MET kwalifikasies nie. Gaan hulle ook oor ‘n paar jaar black privilege skree en als afbreek en brand? Ek hoop nie, want dan is daar iets moer erg verkeerd met die opvoeding wat ek hulle probeer gee het.

    • Gisteraand het die PnP naby menz se huis nie tjoklitmousse gehad nie … menz het gevoel om die winkel brand te steek net daaroor … (maar voel en doen is twee dinge en menz voel so net (meestal) oor ‘n gebrek aan tjoklitmousse …). EN PnP se mousse is lekkerder as Woollies s’n.

      Oor die ander issue praat menz nie, dis hoekom menz tjoklitmousse nodig het.

      • 😆

        Ja ek voel op die stadium kan tjoklitmousse (amper) enige iets beter maak. Ek sal selfs ‘n nier weggee vir ‘n emmer tjoklitmousse. (wat gee jou die idee ek is uiteghonger en na aan die dood?)

      • Shame, en jy doen dit nou weer hoekom? 😉

        Mousse is nie die einde van die wêreld nie, maar dit kan die uitstel van die 4de wêreldoorlog bewerkstellig …

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s