58 – Ode aan die blouboordjie

‘n Storie oor ‘n overpriced bekmekêniek laat my aan ‘n ander saak dink. As lid van die half‐en‐half generasie (dis nou halfpad geleef onder die ou bedeling en halfpad onder die nuwe) wonder ek of ons persepsies oor dinge nie ons goeie oordeel soms beduiwel nie.

So het ons mos geleer dat ‘n goeie opvoeding allerbelangrik is. ‘n Graad by ‘n universiteit maak van jou iets. Dokter of onderwyser. Regsgeleerde of ingeneur. Dominee of boekhouer. Gesiene mense. Daarom is dit vir ons geen morele dilemma om R400 of meer uit te gee vir ‘n konsultasie by ons huisdokter nie. R1200 en meer as die einste huisdokter ons ‘n spesialis verwys. Ons betaal dit want hierdie is geleerde en gesiene mense. Hulle is dit werd.

Maar laat jy nou die dag wil aanbou. Of ‘n pyp bars, of die elektriese verdeelbord brand uit in ‘n bol rook en vonke. Of behoede tog die motor gaan staan. Ons skreeu daglig rowery omdat die loodgieter ‘n uitroepfooi van R250 vra, is dit nie maar presies wat die dokter ook doen nie? En waarop baseer ons hierdie diskriminasie? Vergeet maar dat die loodgieter heel moontlik ook ‘n tersiere kwalifikasie het en by ‘n professionele liggaam geregistreer is. Dit moet seker wees omdat sy skoene nog vuil is van die vorige joppie waarvandaan hy nou net kom. Dalk is dit die feit dat hy ‘n ou rammelkas bakkie ry wat olie lek. Of dalk is dit die feit dat sy boudgleufie wys wanneer hy vooroor buk om sy werk te doen?

Die feit van die saak is ‘n loodgieter/skrynwerker/elektrisiën/motorwerktuigkundige is net soveel ‘n spesialis as wat ‘n breinchirurg is. Hoekom sluk ons dan so swaar om hulle professionele fooi te betaal.

Neem ‘n algemene boukontrakteur. Jy verwag eerstens dat hy jou na‐ure kom sien om ‘n kwotasie te lewer vir die bou van jou nuwe huis. Alle bouers is mos skelm so jy verwag van hom om ‘n volledige uiteensetting van kostes voor te berei (hierdie proses kan ‘n week of langer neem) En dit alles moet natuurlik gratis wees. Jou nuwe R1 mil se woning sal gemiddeld 16 – 22 weke neem om te voltooi. Die kostes bevat gemiddeld 15% toelating vir profyt en oorhoofse kostes. Dus R150 000 oftewel R30000p/m of R170 per uur. Slegte weer en ander vertagings uitgesluit. Die algemene praktisyn se fooie beloop plus minus R400 per besoek en hy sien ongeveer 4 mense per uur. Dus R1600 per uur.

Tog dit is altyd die blouboordjie wat eerste as skelm uitgekryt word. Ongeag of dit ons eie onoselheid was om die goedkoopste kwotasie te aanvaar. Die ironie van die saak is jy kan elke sent wat jy aan die bouery spandeer het terugkry. As jy doodgaan beteken die duur bek vol tanne en die 40k se titaanskroewe in jou rug niks.

Dink daaroor.

One thought on “58 – Ode aan die blouboordjie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s