61 – Moenie ‘n tjankbalie wees nie

Jamball! ….. JAMBALL!

Jaaaaaa?

Kom hier!

[Jamball kry ‘n vet oorveeg]
As ek jou roep antwoord jy dadelik met ja Pa en jy staan op ek kom hierheen….wat nou?

Pis jy alweer deur jou oë?

Jamball: [snuif]

Luister ou seun, tjank gaan jou niks help nie. Die wêreld skuld niemand niks nie . . . NIKS . . . verstaan jy? Jy doen jou besigheid soos ‘n man, hoor wat hierdie ou fool jou vertel. Nou vat my glas en gaan gooi vir my nog ‘n knerts, nie so flou soos die laaste een nie gehoor?

Ja Pa! Goed Pa!….en Pa? Seuntjies wat nie mag huil nie word wanaangepaste mans en eggenote en Pa’s wat die oplossing vir al hulle probleme onder in die bottel klippies soek. Maar dié het jy mos hoeka geweet, né Pa?

Ja toemaar. Moenie antwoord nie Pa. Jy het mos loop vrekgaan voor jy nodig gehad het om die moeilike vrae te antwoord.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s