62 – ‘n Rustiger lewe

Saterdagaand rondom die braaivleisvuur beaam ek kliphard die versugting na ‘n eenvoudiger en rustiger lewe.

Maandag tot Vrydag vleg ek my pad swetsend deur die verkeer. By die verkeersligte trommel my vingers ongeduldig op die stuurwiel omdat die groen siklus na my mening te lank neem. By die kantoor aangekom sien ek nie eers die ontvangsdame se nuwe haarkleur nie. Etenstyd word ignoreer ter wille van nog ‘n verslag wat moet klaar, ter wille van goed lyk vir die baas.

Saterdagoggend moet die grassnyer vir ‘n besigtigingstoer van die tuin geneem word, maar ek ignoreer dit ter wille van “regte” werk wat in die tuiskantoor wag. Gou is ek so verdiep dat die fliek afspraak met die ander helfte ook verbyvlieg… en Sondag se beloofte uitstappie. Maandagoggend kla ek op bakkiesboek hoe moeg ek is en dat naweke langer moet wees.

Wanneer die lankverwagte vakansie aanbreek vleg ek soos ‘n besetene deur die verkeer om daar te kom. By die vakansiebestemming aangeland spandeer ek elke wakker oomblik besig om van een besienswaardigheid of vermaaklikheidsplek na die volgende te jaag om sodoende maksimum myle uit die vakansie te kry. Terug by die werk kla ek op bakkiesboek hoe dit voel of ek nooit weg was nie en niks gerus het nie.

Ek het ‘n gevangene van my status en my besittings geword. Om by te hou met sus‐en‐so dra veel meer gewig as gesondheid en geluk. Die rustige lewe oorkant ‘n bosveldvuur of met die oseaan in die voorgrond is ‘n pypdroom waarmee ek my gewete sus.

Daardie gelukkiger, rusiger lewe kan more begin, hier reg in die hartjie van die blink liggies. Maar net as ek dit regtig wil hê.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s