Gister is die laaste van my storietjies gepubliseer. Al wat nou oorbly is om hierdie basaar properlies af te sluit.
Eerstens met ‘n waarskuwing:
‘n Blog is ‘n kamera. Dit neem ‘n foto van die hier en nou en projekteer dit in woorde vir almal om te sien.
‘n Foto wys nie wat links van dit staan nie, ook nie regs nie.
‘ n Foto kan nie wys wat vooraf gebeur het, of wat volgende gebeur het nie.
‘n Blog is ‘n foto, ‘n grepie uit my lewe hier en nou.
‘n Grepie wat ek versigtig gekies het om met jou te deel.
Moet nooit aanneem jy ken iemand omdat jy hulee blog gelees het nie, moet ook nie jou lewe met hulle s’n vergelyk nie. Jy het geen benul wat hulle reis behels nie
Dan ‘n bedanking in die vorm van ‘n welkom bordjie wat ek eens op een van my blogs gebruik het:
Tevrede! Roep die plekbord, en verminder tog spoed
uitgehang pryk handelaar se naam teen ‘n hoed
Troeteldiere welkom, ook jou man of jou vrou
los maar elders jou gadgets vir nou
die winkel se vloer is bra leeg en kaal
hoe dan gemaak om ‘n wins te behaal?
geselskap!, liewe reisiger, ‘n verposing in die jag
garneer met menslikheid, beklemtoom met lag
en vir dié rariteit hoeveel geld te verhaal?
u teenwoordigheid het reeds die som betaal
Groetnis.
Ag seê asseblief hierdie is ‘n ou inskrywing en nie nou van toepassing nie??????????
Alles raak mos maar een of ander tyd klaar. Baie dankie dat jy gelees het
😦
Ek het nie alles gelees nie, want dis ‘n handvol en het besluit om so met tyd terug te gaan en te lees. Jy is ‘n uitstekende skrywer en slaag daarin om dinge perfek in woorde saam te vat!
Mooi!