Soos ‘n vark in modder

46.

Net ‘n random syfer. 46 is vier meer as douglas Adams se magical nommer. 46 is hoe oud my Pa was toe sy stres en depressie hom langboompies toe gestuur het. 46 is hoe oud ek nou is. 46 is waar my vyfjaar en tienjaar planne opgehou het, omdat ek nooit werklik verwag het om veel ouer as dit te word voor my depressie my doodmaak nie.

Maar ek het oorleef.

Ek het ‘n nuwe loopbaan opgeneem. Ek het myself vrygemaak van die papiere met rooi seël teen my muur. Ek het myself vrygemaak van van die angs van onvervulde 6maande, 5jaar en 10 jaar planne.

Ek ry donker weg van die huis af en ek kom donker terug by die huis. Vuil, vol kneusplekke en innig gelukkig.

Ek het oorleef.

4 thoughts on “Soos ‘n vark in modder

  1. Geluk (al is dit 3 dae laat). Chorts op 46, hoop jy het jou dag geniet. Voel dit asof jy nou vry is? Van planne vir 5 en 10 jaar en base en rooi-seel sertifikate wat in elk geval net teen ‘n muur hang?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s