46.
Net ‘n random syfer. 46 is vier meer as douglas Adams se magical nommer. 46 is hoe oud my Pa was toe sy stres en depressie hom langboompies toe gestuur het. 46 is hoe oud ek nou is. 46 is waar my vyfjaar en tienjaar planne opgehou het, omdat ek nooit werklik verwag het om veel ouer as dit te word voor my depressie my doodmaak nie.
Maar ek het oorleef.
Ek het ‘n nuwe loopbaan opgeneem. Ek het myself vrygemaak van die papiere met rooi seël teen my muur. Ek het myself vrygemaak van van die angs van onvervulde 6maande, 5jaar en 10 jaar planne.
Ek ry donker weg van die huis af en ek kom donker terug by die huis. Vuil, vol kneusplekke en innig gelukkig.
Ek het oorleef.
Uit my hart uit sê ek dat ek bly is. Jy gaan nog groot en diep spore trap. Mooi loop vorentoe.
Verheug om te hoor jy het deur sperdatums en beperking van planne gebreek. Carpe diem, elke dag, dag vir dag. Seënwense.
Geluk (al is dit 3 dae laat). Chorts op 46, hoop jy het jou dag geniet. Voel dit asof jy nou vry is? Van planne vir 5 en 10 jaar en base en rooi-seel sertifikate wat in elk geval net teen ‘n muur hang?
Nommer 46 was eintlik al in Oktober, maar dankie anyway! Ek is definitief vry van my eie verwagtinginge, en dit alreeds is lewensveranderend